​15 kreatiewe kopstukke vir jou slaapkamer

Johannes van Graan Johannes van Graan
APARTAMENTOS PARA TURISMO / Short term rental apartments, Staging Factory Staging Factory Dormitorios de estilo mediterráneo Madera Acabado en madera
Loading admin actions …

Jou slaapkamer, hoe privaat en intiem dit ook al mag wees, verdien om ‘n liplek-lekker styl te hê! Mooi kleure, interessante patrone, en natuurlik meubels en dekor wat jou heel gemaklik en tuis gaan laat voel. En wanneer dit kom by dekor, vergeet baie mense van een baie belangrike stuk wat sommer baie aandag kan trek op die regte manier: ‘n kopstuk.

Dus gaan ons vandag bietjie kyk na 15 pragtige voorbeelde van kopstukke in verskillende style (en kleure en ontwerpe) wat jou lekker gaan inspireer indien jy siek en sat is vir jou kamer se kopstuk (of glad nie een het nie).

1. Hierdie houtstuk is die perfekte ontwerp vir ‘n kamer met ‘n see tema.

2. Wie sou kon raai ou deure kan so mooi instaan vir ‘n rustieke kopstuk?

3. Of wat van fluweel vir ‘n elegante ontwerp?

4. Dis mos hoe jy spasie spaar: inskroef ligte teen jou bed se kopstuk, wat perfek werk vir lees.

homify Dormitorios de estilo industrial Madera maciza Multicolor Camas y cabeceras

5. Hierdie rustieke vensterraam werk net so oulik.

6. ‘n Eenvoudige stuk hout kan subtiel maar stylvol lyk.

7. Geen bed is te klein vir ‘n kopstuk(kie) nie!

8. Kleurvolle mosaïek teëls is definitief een manier om uit te staan!

homify Dormitorios de estilo asiático Derivados de madera Transparente

9. ‘n Tamaai spieël met stylvolle patrone? Hoe koninklik.

10. Natuurlik kan jou kopstuk ook help om bietjie kleur in te bring, soos hierdie ontwerp vir ons wys.

11. Hierdie houtstuk met ingekerfde patrone gee soveel tekstuur!

homify Dormitorios de estilo minimalista

12. Gaan met ‘n gestoffeerde ontwerp in ‘n ligte kleur om ‘n tikkie sagtheid by te voeg.

13. ‘n Bedraam met sy eie kopstuk wys vir jou klaar watse styl jou slaapkamer behoort te hê.

Bonsoni Amble Two Tone 90cm (Single) Headboard homify Dormitorios de estilo rural Madera Acabado en madera Camas y cabeceras

14. Moenie dat daai kopstuk wegsmelt in die agtergrond nie!

15. Vir ‘n eenvoudige en ligte ontwerp stel ons voor jy gaan met die Skandinawiese styl.

'Canova' wooden bed with headboard by Corazzin homify Dormitorios de estilo moderno Madera Acabado en madera Camas y cabeceras

Vir nog meer slaapkamer inspirasie, loer gerus na 13 droom idees vir jou slaapkamer.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista