​7 maniere om oopplan vertrekke te skei

Johannes van Graan Johannes van Graan
PROJET VOLTAIRE, Agence Transition Interior Design, Architectes: Carla Lopez et Margaux Meza, Transition Interior Design Transition Interior Design Livings de estilo moderno
Loading admin actions …

Oopplan vertrekke is darem maar lieflik, veral in vandag se tyd wat spasie al hoe minder en minder raak. Maar natuurlik verstaan ons ook dat mens soms twee verskillende kamers in een oopplan uitleg wil aanbring, soos ‘n slaapkamer en studeerkamer, byvoorbeeld.

Maar voor jy ‘n duur boukontrakteur kontak om ‘n muur te kom bou, lees eers hierso…

1. Dekorpanele

Dekorpanele is briljant om twee vertrekke van mekaar te skei, aangesien hulle so min spasie opvat. En natuurlik kan jy ekstra styl verskaf met verf, muurpapier of ander versierings, nes ‘n muur!

2. ‘n Oop boekrak

Nog ‘n stylvolle manier om twee vertrekke (min of meer) van mekaar te skei. En hierdie voorbeeld laat ook lekker lig deur, wat natuurlik goeie nuus is as jy bang is die een vertrek gaan bietjie donker voel. 

Voeg ekstra styl by deur boeke, blompotte, geraamde foto’s ens. op daardie oop rakke te pak.

3. Toevou skerms

Hierdie ontwerpe kom al van oertyd af, dus is daar ‘n rede hoekom hulle nog steeds so gewild is. En ja, hulle is beskikbaar in talle kleure, teksture en materiale (van plastiek en metaal tot hout en lap), dus sal jy beslis een vind wat perfek by jou huis/vertrek se styl sal aanpas.

4. Gordyne en blinders

‘n Baie gewilde opsie, veral by klein vertrekke wat nog kleiner gaan voel en lyk sodra ‘n muur bygebou word. 

Dink net mooi oor daardie gordyne en blinders se styl en kleur sodat dit aanklank vind by die dekor en meubels wat reeds in die vertrek is.

5. Hoë plantegroei

Twee vlieë met een klap – jy verander een vertrek in twee én jy bring bietjie varsheid in jou huis in! Hierdie is veral gewild in huurhuise of –woonstelle waar die inwoners geen sigbare veranderinge aan die argitektuur mag aanbring nie.

6. Glaspanele

‘n Fantastiese opsie vir wanneer jy twee vertrekke wil skei, maar nog steeds ‘n sigbare vloei tussen die twee wil hê, soos byvoorbeeld ‘n kombuis en eetkamer.

7. ‘n Skuifboekrak

Bereterbide, Pop Arq Pop Arq Estudios y bibliotecas de estilo minimalista

Dis nou wat jy kry wanneer jy ‘n skuifdeur met ‘n boekrak meng: ‘n deur wat heel gemaklik oop en toe maak, maar ook lekker stoorspasie bied! 

Kyk gerus na hierdie 10 slim wenke wat vir jou huis ekstra spasie gaan besorg.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista