​7 treffende ingange om jou te inspireer

Johannes van Graan Johannes van Graan
RESIDENCIA NUÑO, Excelencia en Diseño Excelencia en Diseño Puertas y ventanas modernas
Loading admin actions …

Ons almal weet hoe belangrik ‘n eerste indruk is, so hoekom sal jy dan nou nie ekstra moeite wil doen wanneer dit by jou huis se ingang kom nie? Dit kan soveel weggee van die tipe mens wat jy is en watse style en ontwerpe jy verkies. 

Kom ons loer na hierdie 7 hoofingange wat lekker inspirasie kan verskaf…

1. Manjifiek modern

homify Puertas de entrada

Wie’t geweet ‘n eenvoudige voordeur met metaal afwerkings kan so mooi stylvol lyk? Dit laat die hele huis se voorkant sommer nog meer elegant voorkom.

En ons is veral dol oor die potplante en blomme wat die deur netjies balanseer van albei kante.

2. Tog te kunstig

Al die elemente wat hier bymekaarkom laat hierdie ingang na ‘n super sjiek kunsgallery lyk, wat natuurlik net goeie dinge van jou vertel vir besoekers.

3. Toor met teëls

Mosaïekteëls is nie net bedoel vir kombuise en badkamers nie; dit kan ook jou huis se ingang prentjie-mooi maak, asook lieflike kleur en patroon inbring, nes hier gewys.

4. ‘n Zen spasie

‘n Lekker groot erf en/of oprit soos hierdie is perfek om ‘n tuintjie op te tower, maar hoe gereeld sien mens Japanese tuine hier in Suid-Afrika? Lieflike klippie-bedekte grond, vars-groen plante wat helder uitstaan, ‘n paar marmer standbeelde wat jou liefde vir Zen uitbeeld… die perfekte kombinasie van kalm en kreatief!

5. Maak ‘n draai

Jou deur hoef nie net aandag te trek met sy ontwerp nie – hoe hy oopmaak kan net so fantasties wees, soos hierdie tamaai groot draaideur vir ons wys.

6. Kontras is koning

As ‘n kalm en eenvoudige ontwerp nie vir jou werk nie, kan jy altyd groot gaan met kontras (in terme van kleure, materiale, patrone, of sommer al drie). 

Kyk net hoe prominent word hierdie ingang danksy daardie lig-grys klip wat so sterk uitstaan teen die rooi-warm baksteen aan die regterkant.

7. Uiters uniek

Wie’t ooit gesê ‘n voordeur moet in die perfekte reghoek vorm wees? Hierdie ontwerp laat mens definitief twee keer kyk, wat ideaal is vir wanneer jy ‘n element wil inbring in jou ingang wat gaan aandag trek. 

Ken jy hierdie 7 gewoontes om jou huis skoon te hou? Loer dalk net vir ingeval…

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista