​8 klein maar treffende kombuise

Johannes van Graan Johannes van Graan
Maravillosas Cocinas , Amarillo Interiorismo Amarillo Interiorismo Cocinas de estilo moderno
Loading admin actions …

Moderne huise bied nie altyd die meeste spasie nie en somtyds moet mens maar heel kreatief raak om daardie klein vertrekkie mooier en meer prakties te maak. En daarom kyk ons vandag na 8 voorbeelde van kombuise wat die beste van hulle klein ruimtes maak en, danksy kleure, teksture, patrone, dekor en slim meubels, heel oulik en fraai uitgedraai het…

1. Kontras is koning, aangesien dit die aandag fokus op, byvoorbeeld, donker kleure wat uitstaan teenoor ligte skakerings.

2. Die U-vorm uitleg van hierdie kombuis bewys weereens dat mens glad nie baie spasie kort vir ‘n stylvolle ontwerp nie.

3. Genoeg stoorplek is noodsaaklik, en ‘n mengsel van rakke, laaie en kaste verseker ‘n interessante ontwerp.

4. Klein spasies kan nie klaarkom sonder ordentlike beligting nie, en dit sluit natuurlike lig (lekker groot vensters) in.

5. Hierdie eenvoudige ontwerp is perfek vir ‘n informele eet- and werkshoekie.

6. ‘n Kleiner vertrek gaan beslis minder dekor kort – jy wil tog nie hê jou klein kombuis moet ekstra beknop lyk nie, of hoe?

7. Alhoewel ‘n ligte kleurskema perfek is vir ‘n klein spasie, kan mens tog ‘n helder kleur hier en daar inbring vir bietjie styl.

8. Die minimalistiese styl is jou beste keuse vir ‘n klein vertrek, aangesien dit net die nodigste elemente insluit.

Van een vertrek na ‘n ander, kyk bietjie na hierdie 15 Suid-Afrikaanse slaapkamers om van te droom.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista