​GROOT idees vir jou klein tuin en binnehof

Johannes van Graan Johannes van Graan
Mostra de Ambientes de Sete Lagoas - Cozinha Gourmet e Área Livre de Lazer, Lider Interiores Lider Interiores Jardines de estilo moderno
Loading admin actions …

So ‘n bietjie sonvang en buite ontspanning is mos algemeen hier in Suid-Afrika, en met die seisoene wat gedraai het gaan al hoe meer van ons meer tyd buite spandeer. En as jy dink jy word uitgesonder omdat jou tuin, balkon, stoepie of binnehof nou nie van die grootste is nie, dink weer.

Dis net ‘n kwessie van slim dink en kreatief wees met jou uitleg (en meubels en dekor, natuurlik) voordat jy ook heerlike genot (en hope styl) uit jou klein “ontspan-spasie” kan put…

1. Houtbankies is beskikbaar in verskeie ontwerpe en groottes – jy weet wat om te doen!

2. Selfs ‘n nou spasie soos dié een kan doen met ‘n praktiese rakkie.

3. So bietjie tekstuur vir karakter? Niks kom naby rou klip of baksteen nie!

4. Ligte kleure help om klein spasies groter te laat lyk, veral as natuurlike beligting ook nog betrokke raak.

homify Balcones y terrazas escandinavas Concreto

5. Wat van bietjie tropiese inspirasie met ‘n paar (klein) potte? Hulle kan selfs op daardie nuwe rakkie wees wat jy laat byvoeg het.

6. ‘n Buitenste eethoekie sal soveel aandag geniet!

7. Al ooit gedink hoe jy aandag kan gee aan daardie mure? Kleure, teëls, nuwe patrone…

8. Moenie van ordentlike beligting vergeet om daardie buitenste spasie ekstra prakties (en spesiaal) te maak nie.

Loer gerus na hierdie 7 Indrukwekkende pergolas vir jou tuin.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista