​‘n Rustieke vakansiehuisie om van te droom

Solicita Cotización

Número incorrecto. Por favor, compruebe el código del país, prefijo y número de teléfono.
Al hacer clic en 'Enviar' confirmo que he leído los Política de Privacidad y acepto que mi información anterior sera procesada para responder a mi solicitud.
Nota: Puedes cancelar tu consentimiento enviando un email a privacy@homify.com con efecto futuro

​‘n Rustieke vakansiehuisie om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
Livings de estilo  por YUSO, Clásico
Loading admin actions …

As daar nou een ding wat ons hier op homify kan leer, is dit dat ‘klein’ nie noodwendig ‘sleg’ hoef te beteken nie. En dit word weereens bewys vandag met ons homify 360° ontdekking, waar ‘n oulike rustieke huisie, wat nie eers so baie spasie opvat nie, ons beïndruk met sy kreatiewe karakter. 

Danksy die regte kleure, materiale, dekor en uitlegte, kan hierdie klein ontwerp beslis kers vashou by van die beste vakansiehuise…

Die “toe” ingang

Casas de estilo  por YUSO, Clásico

Ons eerste kykie na die huis is beslis ‘n interessante een: ‘n ingang wat amper versteek is en nie veel aandag trek nie, maar wat eerder die aandag vestig op die stoepie se vloerteëls, baksteenmuur, vars potplante, ens.

En hoe gereeld sien ons buitenste mure wat met so ‘n interessante kleur soos daardie sonneblom geel spog?

Heerlik oop

Casas de estilo  por YUSO, Clásico
YUSO

Fachada este – Puertas corredizas abiertas

YUSO

Die agterkant maak pragtig gebruik van sy mooi uitsigte deur bykans die hele huis oop te maak met groot skuifdeure – perfek vir daardie unieke vars vakansielug!

Slim én stylvol

 de estilo  por YUSO, Clásico
YUSO

Isometria – Componentes estructurales

YUSO

Die argitekte wil beslis hierdie huis so gemaklik as moontlik maak, aangesien hulle ordentlike ventilasie vir die hele struktuur in hul ontwerp ingesluit het. Dit help natuurlik ook met die vermindering van kraggebruik, aangesien lugversorgers nie so baie gebruik hoef te word nie.

Natuurlike materiale

Pasillos y hall de entrada de estilo  por YUSO, Rural
YUSO

Corredor – Entrada de sol en la mañana

YUSO

Orals aan die binnekant kan ons sien hoe die natuur hierdie huis inspireer, van die houtplafon en klipmure tot die sementvloere. Dit sorg natuurlik ook vir ‘n heel unieke styl wat nou nie 100% rustiek is nie, maar soortvan die rustieke en industriële style saamvoeg.  

Kom ons beloer nog so paar pragfoto’s van hierdie indrukwekkende projek.

Livings de estilo  por YUSO, Clásico
YUSO

Vista del estudio y corredor que lleva a las habitaciones

YUSO

Livings de estilo  por YUSO, Clásico
YUSO

Area social de la casa (sala estar y cocina)

YUSO

Nou vir iets meer modern (en groter) - Die Pretoria huis wat asems wegslaan.

Casas de estilo  por Casas inHAUS, Moderno

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

¡Encuentra inspiración para tu hogar!